Woon In Tente
Ek het grootgeword in Minnesota – ’n plek wat bekend is om sy talryke pragtige mere. Ek het dit geniet om uit te kamp en die wonders van God se skepping te geniet. Maar dit was nie juis my gunstelingervaring om in ’n dun tent te slaap nie – veral nie gedurende ’n reënerige nag wanneer ’n lekkende tent ’n…
Briewe Skryf
My ma en haar susters is by ’n toenemend bedreigde kunsvorm betrokke, naamlik om briewe te skryf. Elke week skryf hulle met so ’n konsekwentheid persoonlike woorde aan mekaar dat een posbode bekommerd word as hy nie iets het om af te lewer nie! Hul briewe is vol vreugdes asook die hartseer van geliefdes.
Ek is lief om oor die gebruik van…
Gereinig
“Wat gaan hier aan?” het ek gewonder toe ek ons skottelgoedwasser oopmaak. In plaas van skitterblink skottelgoed het ek borde en glase wat met ’n krytagtige stof bedek is, uitgehaal. “Is die harde water in ons omgewing hiervoor verantwoordelik of is die masjien stukkend?” het ek myself afgevra.
God se reiniging, wat totaal anders is as die stukkende skottelgoedwasser s’n,…
Ryp Vir Die Oes
Gedurende die laatsomer het ons in die New Forest in Engeland gaan stap. Ons het dit geniet om wilde braambessies te pluk en die perde daar naby dop te hou. Terwyl ek die oorvloed van die soet vrugte geniet het wat reeds baie jare tevore deur ander aangeplant is, het ek aan Jesus se woorde aan Sy dissipels gedink: “Ek…
Geloof Alleen
“My man is bevordering in ’n ander land aangebied, maar omdat ek te bang was om ons huis agter te laat, het hy die aanbod teësinnig van die hand gewys.” My vriendin het verduidelik hoe vrees vir so ’n groot verandering haar verhoed het om ’n nuwe avontuur te omarm, en dat sy tog soms wonder wat hulle deur nie…
Elke Ding Het Sy Tyd
Terwyl ek onlangs vlieg het ek na ’n ma en haar kinders gekyk wat ’n paar rye voor my gesit het. Terwyl die kleuter tevrede gespeel het, kyk die moeder in die oë van haar pasgebore baba, sy glimlag vir hom en streel sy wang. Hy staar terug met ’n grootoog verwondering. Ek het die oomblik met ’n tikkie heimwee…
Aangesig Tot Aangesig
Hoewel die wêreld elektronies verbind is soos nooit tevore nie, klop niks persoonlike tyd saam nie. Terwyl ons saam gesels en lag, kan ons dikwels - amper onbewustelik - andere se emosies waarneem deur na hul gesigsbewegings te kyk. Dié wat vir mekaar lief is, familie óf vriende, wil graag van aangesig tot aangesig met mekaar betrokke wees.
Ons sien…
’n Dag Om Te Rus
In ses dae moet jy jou werk doen, maar op die sewende dag moet jy nie werk nie Eksodus 23:12
Een Sondag staan ek by die borrelende stroom wat deur ons Noord-Londen se woonbuurt vloei. Ek het behae geskep in die skoonheid wat dit aan ons andersins beboude gebied bring. Ek het gevoel hoe ek ontspan terwyl ek na die stroom water…
Geloof In Aksie
Op pad na die kruidenierswinkel het ’n vriendin ’n vrou langs die pad sien stap. Op die ingewing van die oomblik het sy net daar die motor omgeswaai en die dame ’n saamrygeleentheid aangebied. Sy is aan die hart gegryp toe die vrou haar vertel dat sy nie busgeld het nie en daarom die vele kilometers in die warm en…
Die Band Van Vrede
Nadat ek ’n vriendin per e-pos aangevat het oor ’n saak waaroor ons verskil, het sy nie daarop gereageer nie. Het ek oortree? Ek wou nie die situasie vererger deur haar te pla nie, maar ek wou ook nie dinge onopgelos laat voordat sy oorsee vertrek nie. Oor die volgende paar dae het sy voortdurend in my gedagtes opgekom. Ek…